Sondag 15 November

09:00 Marius Marais

18:30 Kerssangdiens. Kom kuier en eet lekker saam na afloop van die diens.

Gebedsversoek:
"Botswana ervaar tans sy ergste droogte in 5 jaar. Die twee damme wat die meeste van die land se water voorsien, se watervlakke is onderskeidelik 5,7% (Gaborone Dam) en 8% (Molatedi Dam). Waterbeperkings is reeds ingestel en daar word beplan om water van ander lande in te kry om te help. Ons gemeente het bande gesmee met die Inalegolo gemeenskap in die land. Dit het al dikwels gebeur dat hulle sukkel met watertekorte, selfs al het die land nie deur 'n droogte van dié aard gegaan nie. Ek is seker dat dié van ons reeds wat die gemeenskap besoek het, verstaan wat die implikasies van so 'n grootskaalse droogte op dié gemeenskap kan wees. Mense in ons geloofsgemeenskap kry swaar - wanneer jy jou die week tot die Here nader, bid vir hierdie gemeenskap. Ons weet nog nie hoe die droogte hulle affekteer nie, maar kom ons bid vir Goddelike ondersteuning op Inalegolo."

Ons weet dat die krisis ook ons eie land raak. So kom ons bid saam vir almal wat reen dringend nodig het.




No comments:

Post a Comment

Note: only a member of this blog may post a comment.