GOEDVOEL Stories


GOEDVOEL STORIES 2023


PINKSTER UITREIKE















Ons senior lidmate kuier lekker saam!








Melville Ekhaya Picnic









Our first Melville Ekhaya 10:30 service - YAH!








Eredienste en kategese













 

GOEDVOEL-STORIES 2022


KERSSANGDIENS 










JAK DE PRIESTER KONSERT





Wat 'n heerlike aand was dit nie! Ons het buite gesit en kuier en gesmul aan hoender kerrie, jaffels en melktert. Jak het ons vermaak met sty diep stories en mooi musiek.


IKHAYA COMMUNAL MEAL




Melville Ikhaya, Echo-huis Norwood, UJ studente en die Joshuas het verlede Sondagaand saam geëet en gekuier. Serina en haar suster, Samantha, het vir ons regte Indiese kêrrie gemaak en ons het behoort ons lippe afgelek van lekkerte.

Japie het ons daaraan herinner hoe belangrik sulke fellowship om ‘n tafel is.

Bid saam met ons vir die studente wat eersdaags klaar is met die jaar en die eksamen – dat hulle goed sal rus. Bid asb vir die Joshuas wat net nog 2 weke oor het en dan afsluit. Bid dat elkeen guns sal ontvang soos wat hulle verder gaan swot en werk. Bid asb vir Norwood en Melville se Echo-huise – dat dit regtig ‘n plek van vriendskap en groei sal wees. Bid asb vir Melville Ikhaya – dat die Sinode sal aanhou om ons te ondersteun om hierdie belangrike bediening voort te sit.



FIETSTOER

 Baie geluk aan die span wat die Melville Kruis Fietstoer in Dullstroom verlede naweek gedoen het! Ewald het weer uitstekende werk gedoen om hierdie toer te reël. Wat spesiaal was hierdie keer is dat gesinne saam kon kuier en fietsry. ‘n Totaal van 45 mense, waaronder 22 kinders, het heerlik saam gery en gekuier. Die kinders het ‘n 4km nagresies gedoen en die volwassenes het so 140 kilometers oor baie rowwe terrein afgelê. Dullstroom is die hoogste dorp in Suid-Afrika en die fietsryers se roete het tot 2200m bo seespieël gegaan.

Ben en Elise het weer eens gesorg dat almal gevoer word. Dit lyk asof daar ongeveer R20 000 vir ons gemeente ingesamel is. BAIE DANKIE! Dagboek solank 19-22 Oktober 2023 – dan doen ons dit weer! 





GEMEENTE - ETE

Oor die jare heen het Melville Kruisgemeente ‘n baie belangrike gewoonte gevestig, iets waarmee ons nogal goed is: Ons kan lekker eet en kuier! Verlede Sondag het ons dit net weer eens bewys met ons gemeente-ete.

Elkeen wat gebly het vir die ete, het hulle kos op die tafels gelaai en daar was meer as genoeg om te eet (….én daar het 12 mandjiesvol oorgebly!). Dit bly een van die mooiste dinge om te sien hoe oud en jonk, wit en swart, Afrikaans en Engels oor en weer gesels en deel en lag. 






BOTSWANA UITREIK

Na 2 jaar het ons weer die voorreg gehad om ‘n span Botswana toe te vat vir ‘n uitreik wat al 30 jaar gelede gevestig is. Japie en sy span van 16 het praktiese dienswerk gedoen, dienste gehou, by die skool met die Gr 7’s gaan praat, kinderprogramme aangebied, bestaande verhoudingsbande versterk en daagliks vir mense kos gegee. Die Maandag alleen het 250 kinders opgedaag vir kos. Die span het te midde van die ongelooflike hitte baie hard gewerk. Ons loof die Here vir ‘n baie geseënde uitreik.




Melville Kruismense weet hoe om lekker te eet en te kuier! Ons het 28 Mei gebraai en gekuier tot die son sak (en daarna!). 















Ons het 14 Mei weer 'n selfverdediging werkswinkel aangebied. Tebza het ons touwys gemaak hoe ons onsself kan help in 'n gevaarlike situasie. Onthou altyd: die doel is nie om te baklei nie, maar om te verdedig en weg te hardloop!






 


Dis baie lekker om vir Neels du Randt by ons te he. Ons is besig met 'n reeks oor roeping en wie God is. Luister gerus na die boodskappe op ons Facebook bladsy.


 


Ons het 30 Januarie van Ben en Elise afskeid geneem. Hoewel ons hulle baie gaan mis, wens ons hulle net die beste toe vir die toekoms. 

Ons het ook vir ons Gr 1, 8 en 12 leerlinge gebid vir die nuwe fase in hul lewens.

Ons verwelkom Dr Neels du Randt & Sandile Mnisi. Ons sien daarna om die pad saam met julle te stap.





 



Ons Melville Kruis kinders is kosbaar! FUN FACTS oor ons kinders:

 


·         Hulle is mal daaroor om ná kategese tee te drink.

·         Die Senior kategese maak beurte om op Sondae te help by die kleuters.

·         Van ons kinders gee van hulle eie sakgeld as kollekte sodat die werk van die Here gedoen kan word.

·         Ons kindes love dit om elke week te vertel wat nuus is in hul lewens.

·         Alle kinders hou NIE van eksamen NIE!

·         Hulle gunsteling speletjie is: The Captian is coming!

·         Ons kinders vra soms lekker moeilike vrae en deel graag gebedsversoeke.

·         ‘n Klomp van ons kinders help by ander bedieninge: bv. musiekbediening en sopkombuis.

·         Die kinders se hoogtepunt van die jaar is die kategese kamp (wat in Oktober is).

·          Ons kinders gee om vir mekaar – hulle het onlangs vir Arno en Ruben briefies geskryf en prentjies geteken om te sê hulle dink aan hulle.



GOOD NEWS PARTNERS


Die Good News Partners is ‘n inisiatief wat al ‘n hele paar jaar gelede begin het. Die doel daarvan is om die geestelike leiers in ons omgewing elke 2 maande bymekaar te kry vir koffie en te hoor hoe dit gaan, met watter bedieninge hulle besig is, saam te gesels oor vreugdes en frustrasies en om gebedsversoeke te deel. Dit skep ook geleentheid om, waar moontlik, hande te vat en saam te werk. (Voorbeelde daarvan is ons Holiday Club, selfverdediging werkswinkel, Sonsopkomsdiens op Melville Koppie, aktuele gesprekke saam met die studente, Echo-huis etes, help met instandhouding by die Echo-huis, opruimingsprojekte in ons omgewing, ens.)

Bid asb saam met ons vir ons huidige vennote:

44 On Stanley (Neal Gooch)

Imago Dei (Ferdinand Bezuidenhout)

St Peter Anglican Church (Rakgadi Khobo)

Every Nation (Serge Solomons)

Aan-die-Berg Gemeente (Brits Janse van Rensburg)

 



ASBLIK-HELD

'n Ruk gelede het boewe ons kerk se asblik en koperpype gesteel. Seker 'n week later het een van ons sopkombuisvriende ons asblik vir ons teruggebring. Hy het die kwaaddoener met ons asblik gesien, hom genader en gese: "...dis die kerk wat vir my kos gee se asblik daai! "


SOPKOMBUIS

 







Ons Woensdag-middag sopkombuis bediening is al ‘n instelling by Melville Kruis. Vir die afgelope 16 jaar gee ons elke week vir tussen 10 en 30 mense kos. In die wintermaande help ons waar ons kan met ‘n kombers of ‘n baadjie en aan die einde van die jaar hou ons vir ons vriende ‘n Kersfees-ete. Gewoonlik gee ons dan vir elkeen ook ‘n bederf-pakkie .

Japie Krige help ons om vir ons vriende ‘n Bybelstudie aan te bied en saam te bid. Melville Kruis se kosbare gemeentelede sorg dat daar vir elkeen ‘n lekker bord kos is.

As jy graag wil kom help bedien, kos maak, kos skenk of vir ons vriende wil kom bid, kontak asb vir Annatjie Hugo 083 227 1555. Ons waardeer al die hulp wat ons kan kry!



PADMARK

Toe Covid gekom het, moes almal drastiese aanpassings maak & nuut dink oor ‘n klomp goed. Melville Kruis ook. Dis ‘n gegewe: ALMAL (in ons gemeente & in ons gemeenskap) mis ons jaarlike Boeremark.

Daar is egter ‘n span baie toegewyde mense wat innoverend begin dink het oor hoe ons as gemeente iets van ons Boeremark kan voortsit in die tussentyd. Ons het met ons Padkafee-projek verlede jaar afgeskop &   28 Mei het ons ‘n baie suksesvolle Padmark gehou.

Melville Kruis het weer gewys dat ons nie bang is om hard te werk nie. Daar is gekook, gebak & gebrou dat dit klap! Baie dankie aan almal wat op die een of ander manier gehelp het om hierdie feestelikheid voort te sit.

 

 ECHO

Wat is Echo? Wat doen ons eintlik en waarvoor staan ons? Echo is 20 jaar gelede begin deur Ds Jaco Strydom in Pretoria, en bestaan tans uit 13 huise in die Kaap, Pretoria, Johannesburg en die nuutste toevoeging van die Echo plaas buite Frankfort in die Vrystaat. Echo kan opgesom word in twee woorde: Intentional community. Wat dit beteken is dat ons mense wat in nood is nooi om saam met ons te kom bly en leef. Ons bly saam, eet saam, woon werkswinkels by, ons het socials saam as ‘n huis en ons leer bymekaar. Echo se leuse is “Don’t tell them Jesus loves them, ‘till you are ready to love them too…”

 Ons Melville huis (Mecho) het tans 12 inwoners. Ons het ‘n groot verskeidenheid beroepsrigtings wat wissel van eiendoms agente, teoloee, finansiele rigtings, kunste en selfs n atleet wat besig is met uitdunne vir die Olimpiese spele. Dan het ons ook studente wat saam met ons bly.

 Mecho huis inwoners wil ook graag van hierdie geleentheid gebruik maak om vir Melville Kruisgemeente ongelooflik dankie te se vir al die ondersteuning, mentorskap, en donasies wat elkeen so vrylik gee, ons waardeer dit geweldig baie!

 Ons kuier elke Maandag om 19:00 saam, enige iemand is welkom om vir ons te kom kuier en al die mense in die huis te kom ontmoet.


NARDUS

Die Nardus-groep bestaan al vir ongeveer 25 jaar! Hierdie groepie seniors kom elke Woensdag bymekaar om saam Bybel te lees en te bid. Tannie Doris Bothma, wat nou die leier is, sê hulle doen nie intens Bybelstudie nie, maar hulle bid verwoed! Dan deel hulle sommer stories van die week en drink tee en eet ietsie soet.

Hulle moes oor die jare afskeid neem van kosbare vriende wat hulle altyd met deernis koester. Enige senior wat graag deel van hierdie groep wil word, is baie welkom om op ‘n Woensdag 09:15-10:15 by hulle te kom aansluit.



Liewe Kruis-vriende

Na afloop van die strategiese beplanning wat die kerkraad en bedieningsleiers onlangs gehad het, besef ons daar is ‘n behoefte om die goeie stories wat in en om ons gemeente gebeur meer gereeld met julle te deel. Daar sal voortaan weekliks in die afkondigings en op ons webwerf ‘n kort storie verskyn. Indien jy graag iets wil deel, kontak Yolande 0824594641.

Ons skop af met die terugvoer oor Melville Ikhaya se speletjies-middag wat 8 Mei gehou is. Die UJ studente het saam met ons allerhande bordspeletjies kom speel. Een van ons werkende jongmense het ons geseën met lekker versnapperinge. Die studente het na die tyd ons oorlaai met whatsapp boodskappe om dankie te sê dat ons vir hulle ‘n spasie gegee het om net te kom ontspan en vir ‘n paar ure uit hulle klein koshuiskamers en weg van hulle boeke te kom. Die volgende geleentheid waarnatoe die studente genooi word is ‘n werkswinkel: Finance 101 (12 Junie) waar ons kundiges kry om vir ons te kom leer hoe om ‘n begroting op te stel en hoe om verantwoordelik te werk met dit wat die Here aan ons toevertrou. Enige iemand is welkom om daardie oggend saam te kom leer en kuier!









No comments:

Post a Comment

Note: only a member of this blog may post a comment.