Terugvoer Kerk Finansies


            MELVILLE KRUIS SE ROEPINGSFORMULIER

Ons is deur God drie-enig geroep om vanuit ons eie gebrokenheid, saam met die stad heel te word in Christus en deur die werking van die Heilige Gees liefde en gasvryheid uit te leef!

 6 Augustus 2017

Liewe Gemeente

Dis heerlike winter en die koue is hier, maar ons het genoeg rede om die lewe te vier! Die Here is goed vir ons.

Ons gemeente se bydraes was die afgelope maand of twee beter as wat ons verwag het en ons nuwe Finansies-komitee hou hulle vinger op die pols. Baie dankie aan elkeen wat finansieël en op ander maniere deel het daaraan om Melville Kruisgemeente se roeping uit te leef.  Jaar tot datum is ons effens beter as wat ons begroot het, maar daar is ‘n paar noodsaaklike uitgawes waarvoor begroot is, wat nog aangegaan moet word.

Die gesprek oor die posisionering van die studentebediening binne ‘n wyer raamwerk gaan steeds voort, en ons is opgewonde om saam te kan beplan aan hierdie belangrike komponent van ons roeping.  Die finansiële volhoubaarheid van die Studentebediening asook die gemeente se algemene finansiële posisie, is sentraal tot die gesprek. ‘n Taakspan onder leiding van Marius van Reenen is alreeds besig om innoverend te dink rondom hierdie kwessies en ons sal binnekort meer terugvoer daaroor gee. 

Net soos Bybel lees, vas, gebed, diens en getuienis geestelike dissiplines is wat ons gereeld moet beoefen om te groei, so ook is ons finansiële bydraes ‘n geestelike dissipline waarin ons telkens moet groei.

Ons is dankbaar vir elkeen wat gee, en baie keer meer gee as wat verwag word. Ons verstaan ook dat die huidige ekonomiese klimaat ons almal raak. Ons wil julle egter steeds aanmoedig om julle bydraes te gee, en/of dit te hersien. Dit is en bly ons gemeente se grootste en belangrikste bron van inkomste waarmee ons uitgawes dek.  Dit stel ons ook in staat om met die onderskeie bedieninge kan aangaan.

Bydraes kan gemaak word deur EFT, ‘n debietorder, Snapscan of inbetaling by die kerkkantoor. Julle is welkom om vir Lara te kontak by (011) 726 3616 vir meer inligting.

Ons verheerlik juis God wanneer ons gemeente omgee en gee en deel. Wanneer dit sigbaar en tasbaar word, voel mense tuis in Vierde Laan.

Baie dankie en hope seën!

Groete

Die Kerkraad
 
 
 
 
Inkomste vs Uitgawes / Income vs Expenses
 Inkomste/IncomeUitgawes/ExpensesNetto/Net
June 2017 (Werklik/Actual) R              326,559  R                 328,879  R      -2,320
June 2017 (Begroot/Budget) R              253,103  R                 383,551  R -130,448
Jaar tot datum (Werklik/Actual) R          1,346,850  R             1,298,443  R     48,407
Jaar tot datum (Begroot/Budget) R          1,208,222  R             1,386,693  R -178,471

No comments:

Post a Comment

Note: only a member of this blog may post a comment.