Liewe
Gemeente,
Jy
het seker al bewus geword van die POPIA-wetgewing wat vanaf 1 Julie volgens wet
verpligtend word vir alle Besighede asook Kerke.
Melville
Kruis moet dus sekere aksiestappe neem sodat ons aan wetgewing kan voldoen om
verantwoordelik met ons Gemeentelede se persoonlike inligting te kan werk. Dit behels die versamel, sowel as die berging
en uitstuur van kommunikasie deur middel van sodanige inligting. Die POPIA-wetgewing ag elke individu se
persoonlike inligting as “kosbare goedere” en gee jou die beskerming en keuse
om beheer oor jou inligting te kan uitoefen.
Melville
Kruis gebruik die volgende kommunikasie platforms en databasisse. Hierdie
inligting van ons Gemeentelede wat op rekord is, word deur die Kerkkantoor,
Leraars, Jeugwerker en Finansiële Beampte bestuur:
WINKERK |
Van, Volle Name, Geboortedatum, ID Nommer, Straatadres,
Posadres, Huis telefoonnommer, Selfoonnommer, E-pos adres, Lidmaat status bv.Belydende
Lidmaat/Doop Lidmaat, Huwelikstatus, Huweliksdatum, Betrokkenheid by Gemeente
aktiwiteite, Famliliebande bv. Hoof van gesin, kind ens., Beroep/skool,
Manlik/Vroulik, Geloofsoortuiging. |
DEBIETORDER |
Finansiële inligting sodat die Maandelikse debiet-orderlopie gedoen kan word. |
WEEKLIKSE
AFKONDIGINGS |
Kennisgewing
aan die Gemeente oor Bedieninge. Deel van belangrike
datums/aktiwiteite/vergaderings. Deel van stories en getuienisse en terugvoer
oor aktiwiteite binne die gemeente en die gemeenskap. Deel van belangrike
afkondigings |
HARDE
KOPIEë |
Jeugbediening:
Inligting van ouers, kinders (naam, van, selnommers, eposadresse,
verjaarsdae, skool, graad, adres). Notas oor gebedsversoeke en persoonlike
gesprekke. |
BLOG |
Deurgee
van inligting t.o.v. eredienstye, wie preek, tema’s van preek, kategesetye.
Deel van belangrike datums/aktiwiteite/vergaderings. Deel van stories en
getuienisse en terugvoer oor aktiwiteite binne die gemeente en die gemeenskap.
Deel van belangrike afkondigings. Deel van gebedsversoeke. Deel wie ons Kerkraad,
bedieningsleiers en personeel is. Deel van bemoedigende aanhalings en/of
skrifgedeeltes. |
EPOSSE |
Deurgee
van inligting t.o.v. eredienste,
nagmaalgeleenthede, belangrike kennisgewings, gemeente aktitwiteite,
uitreike, fondsinsamelings, lief en leed, kerkraadsaangeleenthede, kategese,
gebedsversoeke. |
SMS
GROEP EN TELEFONIESE KONTAK MET GEMEENTELEDE |
Deurgee
van inligting t.o.v. eredienste,
nagmaalgeleenthede, belangrike kennisgewings, gemeente aktitwiteite,
uitreike, fondsinsamelings, lief en leed, kerkraadsaangeleenthede, kategese,
gebedsversoeke. Navraag oor hulp by bedieninge. |
WHATSAPP
GROEPE |
Deurgee
van inligting t.o.v. eredienste,
nagmaalgeleenthede, belangrike kennisgewings, gemeente aktitwiteite,
uitreike, kursusse, fondsinsamelings, lief en leed, kerkraadsaangeleenthede,
kategese, gebedsversoeke. Deel van kategese lesse. Deel van bemoedigende
aanhalings en/of Skrifgedeeltes. Navraag oor hulp by bedieninge. |
FACEBOOK
BLADSY |
Deurgee
van inligting t.o.v. eredienstye, wie preek, tema’s van preek, kategesetye.
Deel van belangrike datums/aktiwiteite/vergaderings. Deel van stories en
getuienisse en terugvoer oor aktiwiteite binne die gemeente en die gemeenskap
Deel van belangrike afkondigings. Deel van bemoedigende aanhalings en/of
skrifgedeeltes. |
INSTAGRAM |
Deurgee
van inligting t.o.v. eredienstye, wie preek, tema’s van preek. Deel van
belangrike datums/aktiwiteite. Deel van stories en getuienisse en terugvoer
oor aktiwiteite binne die gemeente en die gemeenskap Deel van bemoedigende
aanhalings en/of skrifgedeeltes. |
AANSPELDBORD |
Deurgee
van hulproosters by bedieninge, bv. teebeurte, sopkombuisbeurte, blombeurte,
kategese. Weergee van belangrike afkondigings. Inligting oor aktiwiteite
binne ons gemeente en gemeenskap. Advertensies van lidmate t.o.v. dienste
gelewer, werk gesoek en verhuring van verblyf. |
POWER
POINT AFKONDIGINGS |
Deurgee
van inligting t.o.v. eredienstye, wie preek, tema’s van preek, kategesetye.
Deel van belangrike datums/aktiwiteite/vergaderings. Deel van stories en
getuienisse en terugvoer oor aktiwiteite binne die gemeente en die gemeenskap
Deel van belangrike afkondigings. Deel van gebedsversoeke. Deel van
bemoedigende aanhalings en/of skrifgedeeltes. |
Hierdie
inligting sluit ook besonderhede van kinders onder die ouderdom van 18 in.
Indien
jy verkies dat jou persoonlike inligting (sowel as jou kinders onders 18)
se persoonlike inligting van die Gemeente se databasis verwyder word, of nie
gebruik word vir die bogenoemde doeleindes nie, dui aan op die onderstaande
vormpie en stuur dan hierdie nota na kantoor.melvillekruisgemeente@gmail.com teen 1 Julie 2021, en ons sal jou inligting op die
Gemeente databasis verwyder sowel as op enige ander kommunikasieplatforms wat
die Gemeente gebruik:
q
Ek gee hiermee toestemming dat my persoonlike
inligting gestoor en gebruik mag word om kommunikasie van Melville Kruis te
ontvang;
q Ek vra hiermee dat Melville Kruis my inligting sal verwyder van alle kommunikasieplatforms en ek geen kommunikasie van Melville Kruis sal ontvang nie.
• Alternatiewelik
kan jy, skriftelik met die Kerkkantoor kontak maak om jou keuse deur te gee;
· Vind ook hiermee die volgende dokumentasie:
o
Beswaar teen verwerking van persoonlike inligting;
o
Versoek om regstelling of skrapping van persoonlikeinligting;
o
Aansoek om toestemming vir die verwerking van
persoonlike inligting vir die
Indien
ons nie teen 1 Julie 2021 enige aanduiding oor jou keuse, van jou ontvang nie –
sal aanvaar word dat jy steeds kommunikasie van Melville Kruis wil ontvang. Jy het egter die keuse om enige tyd die Kerkkantoor
te kontak om jou voorkeur te verander.
Kerkraad Melville Kruisgemeente
(011) 726 - 3616
4de Laan 51, Melville
Kantoor ure : 07:45 –
12:45 I Oggenddiens : 09:00 I Aanddiens
: 17:30 I Melville Ikhaya 18:30
No comments:
Post a Comment
Note: only a member of this blog may post a comment.