Omgee



Omgee-bediening

Indien jy by enige van ons Omgee-bedieninge betrokke wil raak, kontak asb vir Lara by die kerkkantoor: 
072 404 3679

Die Omgee-bediening sien om na ons mense in die gemeente en in die omgewing. 

Koskas en Sopkombuis


 
‘n Groep Melville-mense is besig om ‘n plan te maak om gereeld kospakkies uit te deel aan mense in ons omgewing wat dit nodig het. Melville Kruisgemeente sal dien as basis. Jy kan help deur enige van hierdie produkte tussen 8:00 en 12:00 op weeksoggende by die kerkkantoor (072 404 3679) af te laai:
1kg mieliemeel
Blikkies boontjies
Blikkies vleis, Blikkies vis
Olie
Pakkies sop
Appels
Tandepasta, seep, deodorant, handeroom
Sanitere doekies/tampons
En as dit vir jou makliker is om ekstra goedjies via jou Checkers sixty60 bestelling te doen…… sal jy verseker ‘n groot verskil kan maak. Ons gaan teen middel Mei die kospakkies verpak. Bring ook gerus enige sakke (ou Woolies sakke is perfek) of houers wat gebruik kan word om kospakkies mee te verpak. O ja, en as jy wil om help om die pakkies te verpak, hou hierdie spasie dop vir ‘n dag en datum.
Die sopkombuis op Woensdagmiddae gaan steeds voort om 17:00. Verwys gerus mense. Jy is ook meer as welkom om te kom help.
‘n Donasie kan ook een of albei projekte ondersteun. Die besonderhede is:
Melville Kruisgemeente
ABSA (2840 580 760)
Verwysing: koskas
Kontak gerus die Kerkkantoor (072 404 3679) vir enige navrae.
Help asseblief om dit te maak werk! 


Emmers
Ons gemeente maak jaarliks emmers vol kos, wat die nood van die mense in Jan Hofmeyer help aanspreek. Hierdie Emmerprojek word jaarliks in November gekoördineer.

Gebedsbediening

Ons het 'n Whats-app gebedsbediening wat op 'n gereelde basis vir spesifieke en sake bid.