Snapscan!





































Jy het nou ’n maklike en veilige manier om jou  Sondag se dankoffer, 
'n uitreikdonasie, 'n basaar aankope of jou gereelde maandelikse 
gemeentebydrae te maak!

Hoe betaal ek met SnapScan?
Laai eers die toepassing (app) af soos hieronder verduidelik. Maak die SnapScan 
app oop en tik op "scan". Hou dan bloot jou slimfoon se kamera oor die unieke 
Melville Kruisgemeente SnapCode ('n QR-kode, of vierkantige barcode) vertoon 
hiernaas, in die kerkportaal, op die afkondigings, kerkkalender ens. om te 
skandeer. Die app identifiseer Melville Kruisgemeente outomaties en vra jou om 
die bedrag te verskaf wat jy wil oorbetaal - vul asb ook die beskrywing van die 
inbetaling in die aangeduide plek (dankfees, uitreikdonasie, dankoffer ens.). 
Jy verskaf dan jou unieke en veilige PIN om die transaksie te bevestig en te 
voltooi. Die kerk sal dan 'n kennisgewing ontvang via SMS en e-pos dat die 
betaling gemaak is. Die persoon wat die inbetaling doen, bly ook op ons versoek 
anoniem in die kennisgewings wat die kerk ontvang, tensy jy jou naam spesifiek 
as deel van die verwysing gebruik. 


Hoe laai ek die toepassing (app) af om SnapScan te gebruik?
Soek jou selfoon se App Store vir die SnapScan inligting, of besoek bloot die www.GetSnapScan.co.za  tuisblad vir skakels na die Apple Store, Google Play 
en Blackberry Wêreld platforms.

Vervang SnapScan ander betaalmetodes?
Nee, glad nie! By Melville Kruisgemeente glo ons aan opsies en gerief. Jy kan jou 
bydrae maak op watter manier ookal vir jou die gerieflikste is. Meelewing as 
gemeente is belangrik en ons sal nie kontantkollektes, bankinbetalings of EFT 
bydraes afskaf nie. SnapScan gee net nog een addisionele kanaal om jou bydrae 
te maak om ander te seën. Talle Suid Afrikaanse kerke regoor die land gebruik 
dit reeds en SnapScan het selfs ’n spesifieke konsultant net om kerke en liefdadigheidsorganisasies te help met nommerpas SnapScan dienste aangesien 
donasies spesifieke vereistes het. 

Sal dit op my foon werk?
SnapScan is beskikbaar vir Apple iPhones, slimfone wat loopop Android-bedryfstelsel-
sagtewarebv. Samsung en Nokia, asook meeste BlackBerry fone (let daarop dat 
jy nodig het om BlackBerry World te installeer om na die App winkel toegang te 
verkry). Ongelukkig word Windows en funksie selfone nie tans ondersteun nie, 
maar dis oppad.

Hoeveel sal die SnapScan transaksie my kos?
SnapScan is heeltemal gratis vir gebruikers om af te laai en te gebruik. 
Netwerkoperateur datakoste is van toepassing, maar die App is minder as 10 MB 
in grootte, afhangende van die toestel wat jy gebruik. Transaksies gebruik ook 
baie min data en kos omtrent dieselfde bedrag as 'n enkele Whatsapp boodskap.

Hoeveel data word gebruik om die App af te laai?
Die SnapScan App inligting is minder as 10 MB in grootte, afhangende van die 
foon wat jy gebruik. Nadat jy die program afgelaai het, gebruik elke transaksie 
ook baie min data (ongeveer dieselfde data en koste as 'n enkele Whatsapp 
boodskap).

Wat is die voordeel daarvan om SnapScan te gebruik?
Die inligting is beide gerieflik en veilig! Of jy nou SnapScan gebruik om jou 
dankoffer of maandelikse bydra te maak, jou eerste koffie vir die dag te koop, 
jou gunsteling naweekmark te besoek of om 'n taxi huis toe te neem, SnapScan 
is byderhand. Meer as 14 000 handelaars en ondernemings neem reeds deel aan 
die betaalmetode en nou ook Melville Kruisgemeente - jy hoef nooit weer jou 
beursie rond te dra as jy nie wil nie! Om kontant en kaarte met jou rond te dra 
is dikwels ’n beslommernis met risiko. SnapScan hou jou kaartbesonderhede 
geïnkripteer veilig op jou selfoon. Kontant kan gesteel word, jou kaart kan 
gekloon word om al jou geld te onttrek by 'n OTM, maar met SnapScan het jy 
beide 'n selfoon en 'n PIN app-spesifieke PIN wat jou besonderhede beskerm.

Wat as ek nie ’n Standard Bank klient is nie?
SnapScan werk met e-handel gekoppelde MasterCard of Visa kaarte van enige 
Suid-Afrikaanse bank. Wanneer jy jou kaart besonderhede voeg op die App, 
toets dit outomaties die kaart en verskaf 'n fout boodskap as die kaart nie 
ondersteun is nie.

Wat kos die transaksie vir Melville Kruisgemeente?
Die gemeente betaal 'n transaksiekoste van 3% per transaksie soortgelyk aan 
die van die fasilitering van betalings met kredietkaarte. Die fooi word dadelik 
gehef uit jou betaling en dan word die 97% balans van jou gekose bedrag 
dadelik in die Melville Kruisrekening inbetaal. Ons ontvang dan daaglikse en 
weeklikse state van SnapScan wat elke transaksie, die koste en die oorbetaalde 
waarde reflekteer.

Waar kry ek nog meer inligting?
Op www.getsnapscan.co.za en ook mettertyd op ons webwerf www.melvillekruisgemeente.org.za is daar videogrepe wat stap vir stap wys hoe 
die App werk en hoe gerieflik oorbetalings gedoen kan word. Die lekker is ook 
dat in ons eie Melville omgewing jy ook vir jou koffie of ete kan betaal by ’n 
aantal ondernemings wat reeds SnapScan as betaling gebruik!

No comments:

Post a Comment

Note: only a member of this blog may post a comment.